|
Navsfed
het met 'n opwindende
projek begin. Daar lê so baie toekennings en medaljes en memorabilia
rond van atlete en spelers van vroeëre dae wat nie tot hul reg kom nie.
Navsfed het
begin om hierdie waardevolle items te versamel en te stoor vir almal wat
belangstel.
Doep du Plessis
het sy persoonlike versameling beskikbaar gestel en dit vorm die basis
van wat ons hoop 'n versameling van Afrikana gaan wees wat die
sportontwikkeling en -geskiedenis van ons mense gaan bewaar vir die
nageslagte.
U word vriendelik
genooi om te kom kyk en self vir ons bydraes te stuur van u toekennings
wat tans stof vergaar in 'n ou kartondoos en waaraan die kinders in elk
geval geen erg het nie.
Ons gaan weekliks van
die meer waardevolle items kortliks bespreek en hoop om sodoende 'n
volle katalogus op te stel van die goed wat ons reeds het
|
|

Die eerste groepfoto van Doep se waardevolle versameling |

Medaljes wat Doep deur die jare ontvang het |

Die trofee wat die Navsfed O/15 span gewen het in die
2008 internasionale toernooi in Lorient, Frankryk |

Die trofee wat die Navsfed O/17 span gewen het as
naaswenners in die 2008 internasionale toernooi in Lorient, Frankryk |