|
NAVSFED-Versamelaarsraam

Klik vir vergroting
SIMBOLIEK
van NAVSFED-embleem

Klik vir vergroting
1. DIE SPRINGBOK:
Die springbok is die simbool wat die Afrikaner in sy beoefening van
alle sport verteenwoordig. Dit was die eerste Suid-Afrikaanse
sportsimbool ooit en die Afrikaner het ‘n leeue aandeel gehad in die
skepping en die daarstelling van ‘n internasionaal gerespekteerde
embleem, wat sedert 1906 ook die Afrikaner se sport-trotskultuur op
nasionale en internasionale vlak simboliseer.
Die springbok op die NAVSFED wapen is ‘n jong ram wat in die
hardloop pronk en na die hart toe – dus na die binnekant toe spring
en so die trots van die Afrikaner sportlui simboliseer.
2. DIE
DORINGBOOMPIE:
Die doringboompie simboliseer die Afrikanerkultuur en is geneem uit
die gedig van Totius “Vergewe en vergeet”. Dit simboliseer
die stryd waardeur die Afrikaner se kultuur gegaan het, maar wat al die
teenslae oorwin en volkome herstel het, weliswaar met littekens wat
aan die vroeëre stryd om oorlewing beslag gee.
In die gees van die
gedig word Deuteronomium 4 : 9 as die grondslag vir die opvoeding
van die komende geslagte, vir die behoud van die Afrikaner se
kultuur, geneem.
(Sien volledige
gedig onderaan bladsy)
3. DIE
DONKERGROEN AGTERGROND:
Die donkergroen agtergrond simboliseer die wye grasvlaktes van die
land as tuiste van die Afrikaner waar hy leef en sy sport en kultuur
beoefen. Dit is tradisioneel ook die tuiste van die springbok in die
natuur.
4. DIE GOUE RAAM:
Die goue raam van die wapen simboliseer die ryke erfenis van die
Afrikaner wat reeds bestaan en waaraan elke dag gebou word.

Kliek vir vergroting
5. DIE WAPEN:
Die simbole word saamgevoeg binne die hartvormige skild waar die
goue rand as ryke erfenis alles saambind.
Die naam NAVSFED word in duidelike swart letters binne die borand
van die wapen gedra en staan vir “ NASIONALE AFRIKANER VOLKSEIE
SPORTFEDERASIE”
6. SPORTDRAG:
Die wapen soos hierbo beskryf en hierby as kunsstuk aangeheg, is die
amptelike kenteken wat op die sportdrag van alle Afrikaner
sport-/kultuurlui wat deur NAVSFED gekies is om die Afrikaner in
enige amptelike sport-/kultuur aksies te verteenwoordig, gedra word.
7. AMPSDRAG:
Die wapen soos hierbo beskryf en hierby as kunsstuk aangeheg en
waarby die tipe sport-/ kultuuraktiwiteit, soos bv. RUGBY en/of
NETBAL, op ‘n balkie onder die wapen ingevoeg is, is die amptelike
kenteken wat op die baadjie/ander amptelike kleredrag se sak en/of
ander posisie gedra word.
8. SPORTVLAG:

Kliek vir vergroting
Die wapen soos hierbo beskryf en hierby as kunsstuk aangeheg en
waarby die woord “AFRIKANERSPORT” en/of “ AFRIKANERKULTUUR” onderaan
in ‘n balk ingevoeg is, die amptelike vlag van die
sport-/kultuuraksies van NAVSFED.
Vergewe en
vergeet : Totius
Dat gij niet vergeet de dingen die uwe
ogen gezien hebben (Deuteronium 4:9)
Pas net op en wees baie versigtig om so lank julle
leef, nie hierdie dinge wat julle gesien het, te vergeet of te
verontagsaam nie. Julle moet dit alles vir julle kinders en julle
kleinkinders inskerp. (Deuteronomium 4:9)
Daar het 'n doringboompie
vlak by die pad gestaan,
waar lange ossespanne
met sware vragte gaan.
En eendag kom daarlanges
'n ossewa verby,
wat met sy sware wiele
dwars-oor die boompie ry.
"Jy het mos, doringstruikie,
my ander dag gekrap;
en daarom het my wiele
jou kroontjie platgetrap."
Die ossewa verdwyn weer
agter 'n heuweltop,
en langsaam buig die boompie
sy stammetjie weer op.
Sy skoonheid was geskonde;
sy bassies was geskeur;
op een plek was die stammetjie
so amper middeldeur.
Maar tog het daardie boompie
weer stadig reggekom,
want oor sy wonde druppel
die salf van eie gom.
Ook het die loop van jare
die wonde weggewis -
net een plek bly 'n teken
wat onuitwisbaar is.
Die wonde word gesond weer
as jare kom en gaan,
maar daar die merk word groter
en groei maar aldeur aan.
|