Klub Grondwet
1. GRONDSLAG VAN DIE SPORT-/KULTUURKLUB
Die Sport-/Kultuurklub word
gefundeer en bedryf in terme van die volgende Grondwetlike en
samelopende bepalings naamlik;
1.1
Artikel 31 (1) – Die Kulturele-,
Godsdienstige- en Taalregte van die Afrikaner as ‘n Etnies, Taal,
Kultuur en Godsdienstige Minderheidsgroep in die RSA.
1.2
Artikel 235 - Die reg op selfbeskikking ten
opsigte van Taal, Kulturele en Godsdienstige Regte van Minderheidsgroepe
binne die huidige opset van die RSA.
1.3
Artikel 39 (1) b.,(2) en (3) soos vergestalt
in ondermeer;
a. Die bepalings van Artikel 27 van die
Internasionale Konvensie oor die Burgerlike en Politieke Regte ten
opsigte van lede wat aan ‘n Etnies/Nasionale, Kulturele,Godsdienstige
en/of Taalgebonde Minderheidsgroep behoort.
b. Die voorskrifte soos vervat in die “
Declaration on the Rights of Persons Belonging to National or Ethnic,
Religious and Linguistic Minorities as Adopted by General Assembly
resolution 47/135 of 18 December 1992.”
c. Die bestaan van ander regte of vryhede wat
deur die gemenereg, gewoontereg of wetgewing erken of verleen word in
soverre dit bestaanbaar is met die regte en vryhede binne die Handves
van Regte.
1.4
Die Sport-/Kultuurklub funksioneer as ‘n
geslote klub wat die kulturele- taal-, godsdienstige- en/of
sportbehoeftes van die Afrikaners as ‘n Etniese Minderheidsgroep
handhaaf, beoefen en uitbou in terme van bogenoemde bepalings.
1.5
Die Sport-/Kultuurklub word bedryf en
bestuur binne ‘n struktuur wat voorsiening maak vir die totale
sport/kultuurbehoeftes van die gemeenskap wat die junior skoolvlak,
senior skoolvlak en volwasse seniorvlak insluit.
1.6 Die Sport-/Kultuurklub
funksioneer vir die gemeenskappe van (
Beskrywing van die area en/of
samestelling van die stigtersgroep met inbegrip van die voedingsareas
van die ingeslote laer en hoërskole)
1.7
Die Sport-/Kultuurklub se bestuur sal
jaarliks deur die lede uit die gemeenskap
verkies word.
1.8
Die Sport-/Kultuurklub is toeganklik vir die
beoefening van alle kultuur-/taal-en godsdienserfenis, in samehang met
die sporterfenis, vir die jeug en ander volwassenes van die gemeenskap
in samewerking met bestaande kultuur-/taal- en godsdiensorganisasies.
1.9
Die Sport-/Kultuurklub sal bestaan as ‘n
regspersoon wat sy eie sport/kultuurfasiliteite bekom, bedryf en bestuur
deur aankope, huur en/of enige ander wetlike handelsbevoegdheid en sal
kan dagvaar en/of gedagvaar kan word.
1.10.Die
Sport-/Kultuurklub word nie in kompetisie en/of ter vervanging van enige
ander soortgelyke bestaande sport/kultuurinstellings, hetsy binne of
buite die bestaande skolestrukure of andersins, gestig nie, maar as ‘n
outonome instelling wat in harmonie en wedersydse respek naas alle ander
instellings vir die Boere-Afrikaners voorsiening maak.
2
VISIE
Die visie van die
Sport-/Kultuurklub is om:
2.1 Individuele
sport-/kultuurkomitees vir die onderskeie sport en/of kultuursoorte as
integrale deel van die Sport-/Kultuurklub te organiseer, elk met sy eie
komitee en huishoudelike reglement wat as addendum tot hierdie grondwet
gevoeg sal word en deel daarvan sal uitmaak.
2.2 Alle sportsoorte, beginnende
met Rugby, Netbal, Hokkie, Krieket en Atletiek, sowel as sekere
kultuuraktiwiteite binne die gemeenskap te bevorder, te bemark, te
ontwikkel en te reguleer tot voordeel van die lede van die gemeenskap en
veral die jeug.
2.3 Verdere sport en/of
kultuuraktiwiteite, soos die behoefte mag ontstaan, dienooreenkomstig
toe te voeg tot die geledere van sport-/kultuursaktiwiteite binne die
Sport-/Kultuurklub.
2.4 Deur aktiewe deelname aan sport
en kultuur moet die spelers/sters die spel/aktiwiteite geniet en hulle
moet ondersteun word om spel/kultuurvaardighede te ontwikkel en af te
rond sodat hulle waardige, gerespekteerde en kompeterende deelnemers van
die spel/aktiwiteite kan wees.
3. DOEL
Die doelstellings van die Klub is;
3.1 Om, deur die daarstelling van
kwaliteit afrigting, te verseker dat spelvaardighede en kennis van die
reëls van die spel, sodanig uitgebou word dat spelers met vertroue deel
van die spel kan wees.
3.2 Om eenvormigheid ten opsigte
van afrigtingsmetodes en tegnieke te skep sodat wedersydse hulp, bystand
en oorplasing tussen spanne sonder haakplek kan geskied.
3.3 Om ‘n positiewe omgewing te
skep en te onderhou waarbinne die spelers/sters deelname aan die spel
kan geniet met die handhawing van dissipline op en van die velde.
3.4
Om finansiële hulpbronne daar te stel en
genoegsame fondse, op die kort- en
mediumtermyn beskikbaar te stel.
3.5
Om netwerke van ondersteuningsgroepe daar te
stel om sodoende positiewe
betrokkenheid van die ouers, jeugspelers, volwassespelers en
ondersteuners te verseker.
3.6 Om ‘n sport/kultuuridentiteit
en - tradisie te skep waarmee die ouers, spelers en ondersteuners van
die gemeenskap kan identifiseer en in kan deel en om hiermee ook te poog
om oudleerders uit die gemeenskap weer betrokke te kry en te hou.
3.7 Om vir elke
sport-/kultuursoort ‘n individuele komitee te stig waarvan elke
sport-/kultuursoort sy eie huishoudelike reglement as toegevoegde
addendum tot hierdie grondwet sal hê.
4. NAAM
Die naam van die
Sport-/Kultuurklub sal amptelik as volg wees;
( naam van klub)
5. SPORTDRAG EN KLEURE
5.1 Elke sport-/kultuurkomitee sal
geregtig wees om sy eie sportdrag, onderhewig aan die goedkeuring van
die KLUBBESTUUR, te ontwerp maar slegs met die gebruik van die volgende
kleure nl;
5.2
5.3
5.4
5.5
6.
SPORT-/KULTUURWAPEN/EMBLEEM
6.1 Die Klub sal ‘n eie unieke
wapen/embleem vir die Klub in geheel goedkeur, wat deur elke individuele
sport/kultuursoort op sy sport/kultuurdrag aangebring sal word.
6.2 Elke Klub sal voorsiening maak
dat die Algemene Tabok Sportwapen op alle uitrusting, dokumente en ander
toerusting vertoon word saam met die klub se eie embleem.
6.3 Omskrywing van die
Klubwapen/embleem is as volg ;
-
-
-
7. PRIORITEITE EN BELANGE
Die basis waarvandaan prioriteite
en besluite van dag tot dag geneem sal word, is dat gelyke bevoordeling
aan alle betrokke spelers en groepe spelers moet toekom.
Die volgende reëls sal altyd geld
ten einde die hoogste prioriteite te bepaal;
7.1
Die kind se belang is groter as die van die
ouer.
7.2
Die span se belang is groter as die van die
individu.
7.3
Die ouderdomsgroep se belang is groter as
die van die span.
7.4
Die senior span se belang is groter as die
van die junior span.
7.5
Sport/kultuur se belang is groter as die van
enige individuele span of ouderdomsgroep.
7.6
Die gemeenskap se belang is groter as die
van enkele groepe of individue.
7.7
Die Klub se belang is groter as die van
individuele komitees.
8. SAMESTELLING EN STRUKTURE VAN BESTURE
Die Klub se bestuur sal bestaan uit
vyf verkose lede plus een lid deur elke sport-/kultuurkomitee aangewys,
waarvan al die poste as volg saamgestel word:
8.1
Voorsitter
8.2
Ondervoorsitter
8.3
Sekretaris/resse
8.4
Tesourier
8.5
Organiseerder
8.6
Een aangewese lede deur elke
sport-/kultuurkomitee, uit eie geledere aangewys
Die individuele
sport-/kultuurkomitees se besture sal bestaan uit;
8.7
Voorsitter
8.8
Ondervoorsitter
8.9
Sekretaris/Tesourier
8.10 Een lid uit die gemeenskap
8.11 Hoofsport-/kultuurafrigter vir
daardie sport-/kultuuraktiwiteit.
8.12 Die volgende reëls sal geld
met betrekking tot die kies van hierdie lede;
8.12.1 Slegs die ouers van die
kinders ingeskrewe by die skole soos genoem in die grondslag van hierdie
Grondwet, en /of volwassenes wat woonagtig is binne die area soos bedoel
in die Grondslag van hierdie Grondwet en wie se ledegeld opbetaal is,
mag op die besture van die Klub en/of sport-/kultuurkomitees dien.
8.12 2 Verkose lede sal op die
Klubbestuur/sport-/kultuurkomitees dien totdat hy/sy bedank, nie
herverkies word nie en/of om een of ander rede van sy/haar pos onthef
word.
8.12.3 Indien verteenwoordiging
onvoldoende is mag die Klubbestuur en/of sport-/kultuurkomiteebesture ‘n
lid benoem wat op die spesifieke bestuur mag dien totdat die huidige
termyn verstryk.
8.12.4 Alle besture sal jaarliks ’n
algemene vergadering hou waartydens sodanige bestuur sal herorganiseer
deur die poste opnuut te vul deur nominasie en stemming volgens die
grondwet/huishoudelike reglement. Dit sal geskied met dien verstande
dat die herorganisasie van die Klub se bestuur eerste sal geskied
gedurende die maand van Oktober en die individuele
sport-/kultuurkomitees nie later as twee weke nadat die Klub self
geherorganiseer is nie.
8.12.5 Op die laaste vergadering,
voor die jaar-/herorganisasievergadering, moet elke
sport-/kultuurkomitee sy jaarlikse begroting goedkeur met dien verstande
dat die individuele komitees se begrotings nie later as die maand
Augustus goedgekeur is nie, sodat dit geinkorporeer kan word in die
begrotingsvergadering van die Klub gedurende September van elke jaar.
9. FUNKSIES VAN DIE SPORT-/KULTUURBESTURE
Alhoewel die Klub se bestuur
verantwoordelik is vir alle aktiwiteite met betrekking tot alle
sport-/kultuuraktiwiteite, mag die individuele komitees met hul
onderskeie lede, afrigters, spanne ens., eie aktiwiteite en belange reël
en bevorder solank dit geskied;
9.1 Binne die bepalings van hierdie
Grondwet plus addendums
9.2 Met toestemming van die
Klubbestuur
9.3 Nie in botsing is met
aktiwiteite van die Klub nie
9.4 Reëlings daarvoor in tyd met
die Klubbestuur getref word
L W. Indien daar addisionele koste
implikasie aan verbonde is, fondse vir hierdie koste vooraf by die Klub
inbetaal of met die Klubbestuur uitgeklaar sal word.
10. WYSIGINGS
Klub;
10.1 Enige wysigings aan die
grondwet van die Sport-/Kultuurklub, moet vir goedkeuring aan die
jaar-/herorganisasievergadering voorgelê word.
10.2 Sodanige wysigings moet
skriftelik aan die bestuur voorgelê word ten minste twee weke voor die
dag van die jaar-/herorganisasievergadering, anders moet dit oorstaan
tot die volgende soortgelyke vergadering.
10.3 Wysigings moet ten minste met
twee/derde meerderheid goedgekeur word anders word dit beskou as verwerp
deur die jaar-/herorganisasievergadering.
Sport-/Kultuurkomitees;
10.4 Enige wysigings aan die
huishoudelike reglement van enige sport-/kultuurkomitee moet dit vir
goedkeuring, eers aan sy eie jaar - /herorganisasievergadering voorlê op
dieselfde wyse as vir die Klub.
10.5 Sodanige wysigings moet daarna
deur die Klubbestuur goedgekeur word. Teenstrydighede hiertydens moet
finaal deur ‘n spesiale Klubvergadering, waarheen alle lede genooi was,
behartig word. Sodanige spesiale Klubvergadering se beslissing, per
gewone meerderheid, sal finaal/bepalend wees.
11. VERGADERINGS
11.1 Vergaderings van beide die
Klubbestuur en Komiteebesture sal van tyd tot tyd, waarvan ten minste
vier (4) gedurende die kalenderjaar vir sodanige bestuur, gehou word.
Sodanige vergaderings is addisioneel tot die
jaarlikse-/herorganisasievergaderings.
11.2 Ten minste twee algemene
vergaderings moet deur beide die Klub en Komitees gehou word gedurende
die kalenderjaar waarvan een die jaar - /herorganisasievergadering moet
wees. Gedurende hierdie vergaderings word lede ten volle ingelig van
alle aspekte en verwikkelinge rondom alle gebeurlikhede en aktiwiteite
van die Klub/Komitee.
11.3 Kennisgewings van enige
bestuurs/algemene vergaderings moet skriftelik geskied ten minste sewe
(7) kalenderdae voor sodanige vergaderings. Tesame met hierdie
kennisgewing sal lede ook skriftelik volle besonderhede ontvang met
betrekking tot enige wesenlike aangeleenthede wat bespreek sal word.
11.4 Enige lid van die Klub en/of
Komitees, of enige belanghebbende met betrekking tot die Klub/Komitees,
kan versoek dat enige toepaslike aangeleentheid rakende sport/kultuur,
die organisasie, bedryf en bestuur daarvan op ‘n vergadering bespreek
word, en ook self aangehoor word op sodanige vergadering.
12. STEMMING
12.1 Enige besluite van die
Klub/Komitees sal geneem word met ‘n gewone meerderheid, met die
uitsondering van besluite om hierdie Grondwet en/of die huishoudelike
reglement van ‘n sport/kultuurkomitee, te verander en/of om enige lid te
onthef, in welke gevalle ‘n twee/derde meerderheid nodig is om enige
sodanige besluite bindend te maak.
12.2 In gevalle waar ‘n staking van
stemme voorkom, sal die dienende voorsitter ‘n beslissende stem hê.
Stemming sal normaalweg geskied deur die opsteek van hande. Indien enige
lid dit versoek, sal stemming per stembrief geskied.
12.3 ‘n Kworum sal gevorm word deur
die aanwesigheid van ten minste 50% ( vyftig persent ) van lede van die
Klub en/of Komitee gedurende algemene vergaderings sowel as gedurende
bestuursvergaderings, getel volgens die opbetaalde ledelyste.
13. ONTHEFFING VAN VERKOSE LEDE
Enige lid kan deur die
Klub/Komitees van sy pos onthef word indien hy/sy;
13.1 by twee agtereenvolgende
vergaderings, na behoorlike kennisgewing, sonder verskoning afwesig is.
13.2 ingebreke bly om sy/haar
pligte ten opsigte van hierdie Klub/Komitees na behore uit te voer
en/of
13.3 hom/haar aan enige optrede
skuldig te maak wat hierdie Klub/Komitees tot oneer strek.
14. BANKREKENINGS
14.1 ‘n Sport/Kultuurfondsrekening
word deur die Klub geopen by ‘n erkende bank.
14.2 Ten minste twee bestuurslede
moet alle tjeks teken waarvan die tesourier een moet wees.
14.3 Individuele
sport-/kultuurkomitees mag eie bankrekenings open met toestemming van
die Klub se bestuur ( wat nie geredelik geweier mag word nie) en mag die
tesourier van die Klub as een van die gemagtigdes teken.
15
BESTUUR VAN FONDSE
15.1 Alle fondse sal volgens die
bepalings van die grondwet/huishoudelike reglemente in terme van die
jaarlikse begrotings aangewend en bestuur word.
15.2 Alle sport-/kultuurfondse
ingesamel, word beheer en bestuur deur die Klub
onderhewig aan die advies van elke
sport-/kultuurkomitee ten opsigte van fondse self ingesamel en/of fondse
aan sodanige Komitee toegewys.
15.3 Die tesourier sal dien as die
rekenpligtige amptenaar van die Klub.
15.4 Die sekretaris/tesourier, van
die Komitees sal dien as die rekenpligtige amptenaar van sy/haar
Komitee.
15.5 Die Klubbestuur is by magte om
‘n persentasie van die fondse ingesamel, aan die werwers van die fondse
toe te staan met dien verstande dat elke saak op meriete hanteer word en
dat nie meer as 30% van enige fondsbedrag as kommissie afgestaan word
nie.
15.6 Die Klub mag, in samewerking
en/of aanbeveling van die individuele sport-/kultuurkomitees, salarisse
en/of bonusse betaal vir enige dienste gelewer wat direk in verband
staan met die werksaamhede van die Klub/Komitees.
15.7 Alle salarisse/bonusse moet
deur die algemene vergaderings, op die vlakke van toepassing, goedgekeur
word en saamgevoeg word in die jaarlikse begrotings.
16.
DISSIPLINÊRE AKSIES
16.1 Die sport-/kultuurkomitees kan
aanbevelings maak by die Klubbestuur om dissiplinêr op te tree teenoor
lede, afrigters, ondersteuners en spelers wat hulle skuldig maak aan
onbetaamlike gedrag.
16.2 Die Klubbestuur kan
dissiplinêr optree teenoor enige Klub- en/of Komiteebestuurslede.
17.
AFRIGTERS/BESTUURDERS
17.1 Aangesien die sukses van die
Klub en dus ook die sport-/kultuurkomitees, direk gemeet word teen die
resultate wat op die sportveld/kultuuraksies behaal word, sal die
jaarlikse aanstelling van afrigters deur die individuele
sport-/kultuurkomitees gedoen word, elk vir die behoefte van sy
sport-/kultuursoort en met in agneming van vergoeding gekoppel aan elke
aanstelling in terme van die geldige begroting.
17.2 Alle aanstellings van elke
sport-/kultuurkomitee se hoofafrigter sal deur die Klub op aanbeveling
van sodanige sport/kultuurkomitee gedoen word met in agneming van
vergoeding gekoppel aan aanstellings hiervoor begroot in die jaarlikse
begroting.
17.3 Die afrigters aangestel is
verantwoordelik vir die samestelling van spanne in terme van die beleid
van die individuele sport/kultuurkomitees.
17.4 In samewerking met die
afrigters moet elke sport-/kultuurkomitee ‘n bestuurder vanuit
ouer/volwasse geledere aanstel vir elke span. Sodanige bestuurder is
verantwoordelik direk aan die sport/kultuurkomitee terwyl die afrigter
verantwoordelik is direk aan die hoofafrigter van die
sport-/kultuurkomitee.
18.
DAGBESTURE
Samestelling;
18.1 Klub
Voorsitter
Ondervoorsitter
Tesourier/Sekretaris
Een lid gekies uit die
res van die verteenwoordigers op Sport-/kultuurklubbestuur
18.2 Sport-/Kultuurkomitees
Voorsitter
Ondervoorsitter
Tesourier/Sekretaris
18.3 Funksies;
Neem besluite om die gladde verloop
van sport-/kultuursake te verseker.
Stel agenda op vir Komitee- en
algemene vergaderings.
Lewer verslag oor alle
sport-/kultuuraktiwiteite.
Lewer verslag oor inkomste en
uitgawe.
Hanteer gedeligeerde en/of ad-hoc
interne sake van dringende belang.
19.
DEURSIGTIGHEID
19.1 Hierdie Klub-/Komiteebesture
sal ten alle tye openlik en deursigtig optree en sal, waar prakties
uitvoerbaar, soveel inligting regverdigbaar aan lede en alle ander
betrokkenes deurgee.
19.2 Enige ouer en/of lid van
hierdie Klub/Komitees sal geregtig wees om te enige tyd insae te verkry
in notules van vergaderings gehou.
19.3 Enige ouer, belanghebbende
en/of lid van hierdie Klub/Komitees sal ook geregtig wees om aangehoor
te word op ‘n vergadering van die Klub/Komitees ten opsigte van enige
aangeleentheid wat wesenlik mag wees tot enige aktiwiteite van die
Klub/Komitees.
20.
KLUBGELDE
20.1 Lidmaatskap;
a. Alle lede van die Klub/Komitees wie amptelik
aan die Klub/Komitees wil behoort, is jaarliks verplig om die volgende
lidmaatskapgeld direk aan die Klub te betaal:
-
Ouers/Volwassenes R00.00
- Kinders
O/19 R00.00
Die Klub moet rekord hou van
sodanige betalings en ‘n volledige naamlys hou van alle opbetaalde lede
wie alleenlik stemreg op enige vergadering sal hê en wie as verkose lede
mag dien op beide die Klubbestuur/Komiteebesture.
b. Alle sport-/ kultuurkomitees mag in oorleg
met die Klub, sy eie jaargelde hef vir lede wie aan die besondere
komitee se bedrywighede wil en mag deelneem.
20.2 Die individuele
sport-/kultuurkomitees moet elk sy eie rekord hou van opbetaalde lede,
waarvan die gelde ge-in deur die besondere Komitee aangewend mag word
binne sy jaarlikse begroting. Hierdie gelde sal te alle tye by die
tesourier van die Klub inbetaal word teen sodanige komitee se
portefeulje, behalwe in die gevalle waar sodanige sport-/kultuurkomitee
sy eie bankrekening bedryf.
21.
NOTULES
Alle besluite geneem op enige
vergadering van die Klub/Komitees sal ten alle tye;
21.1 genotuleer word
21.2 as bevestiging deur die
dienende Voorsitter onderteken word
21.3 aan alle lede van die
Klub/Komitees verskaf word.
21.4 in permanente vorm bewaar
word.
GETEKEN TE ..............
OP DIE……………… DAG VAN …………………….20_____
…………………………………………….
VOORSITTER
……………………………………………
ONDERVOORSITTER
…………………………………………..
SEKRETARIS (ESSE)
(Sien ook Huishoudelike reglement)
|