NAVSFED
Nasionale Afrikaner Volkseie Sportfederasie

TUISBLAD
GRONDWET(PDF)
HUISHOUDELIKE REGLEMENT
INTERNATIONAL INITIATIVE
KLEURE
KLUB GRONDWET
KONTAK ONS
SIMBOLIEK
TOER 2007
TOERE 2008
WAAROM NAVSFED
NAVSFED VERSAMELING

GOLF - NOVEMBER 2011

 

Golf Toernooi vir Tabok / Navsfed lede en ouers.

Navsfed, as sportarm van Tabok Trust begin in die loop van November met verskeie sport akademies in individuele sportsoorte soos Tennis en Golf.

As afskop word die eerste golftoernooi aangebied by die Elements Private Golf Reservaat. Die baan is alreeds vir n geruime tyd onder die top 15 bane in ons land en gee die spelers die geleentheid om die wonderlike natuurskoon in ons land te waardeur en te ervaar.

Dit is ons intensie om die toernooie op n profesionele en gereelde basis aan te bied. Dit gee ook die spelers n kans om in n gesonde omgewing mee te ding.

Formaat van Toernooi en Program vir die week:

Die toernooi word aangebied gedurende die week van Maandag 28 November tot Vrydag 2 November 2011.

Die eerste 60 spelers wat bewys van betaling deurstuur word aanvaar vir die toernooi.


Die formaat van die toernooi is individuele beterbal. Offisiële voorgee sal gebruik word maar as 'n speler nie een het nie sal hul van 'n 14 voorgee af speel.
Geen golfkarretjies word nie gebruik tydens die toernooi nie.
Geen elektroniese afstand toestelle word toegelaat nie.
Die toernooi sal plaasvind met n minimum inskrywing van 10 spelers of meer.

Program vir die week:

Maandag. 28 Nov.
Spelers arriveer by Elements Private Golf Reservaat gedurende die oggend.

Verwelkoming en inligting sessie.

Boek in by die kamers met middagete waarna almal aanmeld vir die middagprogram.

Die middag word 'n professionele afrigtingskursus aangebied waarna die kursusgangers die baan mag verken.

Aandete by die golf klubhuis met 'n ken-mekaar.

Dinsdag. 29 Nov.
Ontbyt by klubhuis
1ste rondte van toernooi begin
Middagete by die klubhuis
Spelers kan vd dryfbaan/driving range gebruik maak en ons sal dan "chipping" kompetiese hou om die kortspel op te knap as na-middagprogram.
Spelers ontspan by die swembad gevolg deur 'n "game drive".
Aandete by n lapa naby die reservaat

Woensdag. 30 Nov.
Ontbyt by die klubhuis
2de rondte van die toernooi begin
Middagete by die klubhuis
Namiddagprogram is 'n dryfspel-program op die dryfbaan om spesifiek aandag aan afslane en dryfspel te gee.
Spelers ontspan by die Lodge of swembad by die klubhuis.
Aandete by die klubhuis

Donderdag. 01 Des
Ontbyt by die klubhuis
3rd rondte vd toernooi begin
Middag ete by die klubhuis
Namiddagprogram is 'n "putting" kompetisies om spesifiek aandag aan die kortspel en setwerk te gee.
Spelers ontspan by die swembad of kan op n georganiseerde staptoer deur die reservaat gaan.
Prys uitdeling en aandete by die klubhuis

Vrydag. 02 Des.
Ontbyt by klubhuis
Spelers vertrek huis toe.

Verblyf:

Spelers word gehuisves op die Elements Private Golf Reservaat self, in self sorg eenhede, die huise is almal 4 ster gradering. Die golf reservaat is 90 minute noord van Pretoria gelee in die Bella-Bella area.

 

Etes:

Ontbyt sal bedien word in die hoof klubhuis vanaf 06:30 tot 07:30 voor die begin van die dag se spel golfrondte.
Middagetes word ook by die hoof klubhuis bedien na afloop van die dag se spel.
Aandetes sal by die hoof klubhuis gehou word en ander naby geleë reservate.

 

Koste van die Toernooi:

Die koste vir die hele week se toernooi is R2850.00 en sluit die volgende in;

Alle etes (ontbyt, middag en aand)
3 rondtes golf by die Elements Private Golf Reservaat
4 ster akkomodasie binne die reservaat (4 nagte) Gratis gebruik van die dryfbaan/driving range "game drive"
Komplementere geskenk
Pryse vir wenner en spot pryse op die spel

Spelers moet eie toerusting en klere verskaf.

Vervoer na en van die reservaat is vir die spelers se eie rekening, maar ons kan vervoer reël teen n spesiale koste indien daar groepe is wat van ons vervoer wil gebruik maak.

Navrae:

Alle navrae kan direk aan Tabok of Navsfed gerig word by admin@tabok.co.za / telfoon 012 644 2234/5 aandag Deidre vir inskrywingsvorms.

Sluitingsdatum. 15 November 2011.


Golf Groete

Johannes Saayman
Pieter Hoeksma

Navsfed golf.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

SKAKELS

AGV


Klopnet


NBNTU


TABOK

 

Jy is besoeker no.
 

free page hit counter

Hierdie blad word gebou en bygewerk deur:
Klopnet
webmeester@klopnet.co.za
012 644 0933